top of page

Die prokureursfirma

 Gestig in 1995

Loretta Hayward het die firma in November 1995 gestig en begin praktiseer onder die naam en styl van LORETTA HAYWARD PROKUREURS. 

 

Die firma het van krag tot krag gegaan en in Desember 2001 het Vera Hayward by die firma aangesluit as prokureur. Met Loretta Hayward se afsterwe in 2005, het Vera Hayward die firma oorgeneem en in Januarie 2008 is die firma aan Louréz Swart verkoop.

 

Louréz Swart, wat op daardie stadium handel gedryf het as Louréz Swart Prokureurs, het die firma geïnkorporeer in haar bestaande praktyk en die twee firmas doen tans besigheid onder een vaandel, bekend as Loretta Hayward Prokureurs.

 

Louréz Swart is in November 1994 as prokureur toegelaat en het in Mei 1996 vir haar eie rekening begin praktiseer. Sy het aan die Universiteit van Port Elizabeth studeer, nou bekend as die Nelson Mandela Universiteit, en die grade B.Juris en LL.B verwerf. 

 

Die firma lewer verskeie dienste aan die Stellenbosch-gemeenskap en ook aan kliënte van regoor Suid-Afrika, Namibië, Engeland, Duitsland, Ierland en Frankryk. Hulle beskik oor die nodige tegnologie om verskeie dienste vinnig en effektief te lewer en skakel ook direk met die Kredietburo’s en Aktekantoor.

Ons missie

Om 'n prokureursfirma daar te stel wat effektiewe regsdienste kan lewer aan die gemeenskap van Stellenbosch, asook aan kliënte van regoor Suid-Afrika en die buiteland sonder om persoonlike aandag aan elke kliënt in te boet.

 

Ons doelwit is om persoonlike diens van hoogstaande gehalte aan ons kliënte te lewer sonder om onnodige regskostes aan te gaan, gedagtig daaraan dat tyd vir almal van kardinale belang is.

Ons span en vennote

Louréz Swart

Prokureur

Lydia van Niekerk

Invorderings, administrasie van bestorwe boedels

Pieter Venter

Rekenmeester

Anel van Heerden

Kommersieel, litigasie, korrespondensie, boekhouding

bottom of page